AQUILLA TRAINING

Herstel en herleef na 'n ramp in my lewe

herstel_en_herleef

Die ekonomiese afswaai en COVID-19-pandemie het die meeste mense se wind uitgeslaan. Aquilla Training het ‘n 52 sessie-werkswinkel aangebied: Ondersteuning tydens 'n ramp beskikbaar by die aanvang van die inperking in Maart 2020. Die eerste werkswinkel is steeds beskikbaar – gratis.

Herstel en herlewing is die tweede "Aanlyn vir my"-werkswinkel vir 2020. Hierdie werkswinkel is gemik op die handhawing van jou welstand te midde van al die onsekerheid, werksverliese, verhoudingsprobleme en bedroefheid. Dit is 'n praktiese werkswinkel van persoonlike herstel en welstand. Dr Barbara Louw se Wholistiese Welstand Afrigtingsmodel is die instrument wat as raamwerk vir die werkswinkel verskaf.

Die fokus van herlewing is geanker in 'n Bybelse wêreldbeskouing.

Vertrekpunt: Hoe om te herstel na 'n ramp in jou lewe?

Onderwerpe sluit in:

  •  Die vrees vir wat kan kom
  • Oorlog in my beursie
  • Skemas, swendelaars en slentels
  • Boeliery, afknouery en verraad
  • Verhoudingstorms
  • Selfsorg en deernis
  • Vernuwing en herlewing
  • Gewoontes wat my hele wese verander
  • My wholistiese welstand profiel

Teiken datum om te begin: 20/10/2020

Welcome logout
Essential SSL
cww trust seal